|DEUTSCH| ENGLISH| JUǀ 'HOAN| AFRIKAANS| OTJIHERERO| LËTZEBUERGESCH|![]() SUNI E.V. | ORGANISASIE WAT KWESBARE KINDERS EN JONG MENSE IN DIE OMAHEKE-GEBIED IN NAMIBIË ONDERSTEUN | E-MAIL: KONTAKT@SUNI-EV.DE |
||
![]() OOR ONS
Suni e.V.
Om die leer- en leeftoestande van minderbevoorregte kinders en jong mense te verbeter, ondersteun Suni e.V. wel gekose opvoedkundige instellings in die Omaheke-gebied. Een van ons personeellede of ’n span hou individueel toesig oor elke projek in Namibië, Luxembourg en Duitsland. Ons Suni e.V. span bestaan uit jong, toegewyde mense wat nie net die kinders en die jeug in die Omaheke-gebied wil aanmoedig nie, maar ook die interkulturele uitruilings wil ondersteun. Dit is vir ons baie belangrik om elke lid en sy of haar vaardighede te integreer en by mekaar te leer. ![]() Die naam Suni e.V. kom van die suni-bok wat in die suidelike en oostelike dele van die Afrika-vasteland woon. Ten spuite van haar klein grootte (haar skouerhoogte is maar 40cm), is die die suni-bok bekend vir haar vinnige naellope en reaksies wat haar help om groot roofdiere te ontsnap. "Klein, maar genugtig!" kan jy sê. Lidmaatskap en skenkings Ondersteun Suni e.V. met 'n lidmaatskap! Suni e.V. in Namibië
Ons kern in Namibië is die klein woestyndorpie van Tsjaka in die Omaheke-gebied. Hier, in die Kalahariwoestyn, woon omtrent 80 000 mense in 'n gebied so groot soos Oostenryk. ![]() Tsjaka is suid van die distrikshoofstad Gobabis geleë en is met 'n sandpad bereikbaar. Hier is die Mphe Thuto Primêreskool en die Hester en Louis Genis Koshuis – twee fasiliteite waarmee ons sedert die begin saamgewerk het. In die Omaheke gebied werk ons saam met toegewyde en gemotiveerde koördineerders van die vrywillgersprogram en verskilende venootfasiliteite. Een van ons personeellede of ’n span hou individueel toesig oor elke projek in Namibië, Luxembourg en Duitsland. Ons het meer as 70 vrywilligers in die Omaheke-gebied geplaas sedert ons stigting in 2008. Ons het die Hester en Louis Genis Koshuis, asook klaskamers van die Mphe Thuto Primêreskool opgeknap. Die voedselvoorsiening van die Morukutu Primêreskool is aangevul deur 'n boktelingprojek en ons het kunsgeleenthede in Duitsland en Namibië georganiseer. ![]() Ons het mees onlangs die Mphe Thuto pre-primêreskool asook een gebou van die Hester en Louis Genis Koshuis opgeknap. Ons grootste sukses is skoolprojekte vir meer as 1000 Namibiese leerders in die vakke Biologie, Wiskunde, Liggaamlike Opvoeding, Kuns en Engels – moontlik gemaak deur beide vrywilligers en onderwysers. Ons samewerkingsvennoote: Mphe Thuto Primary School Hester und Louis Genis Hostel Morukutu Primary School Nossob Primary School Otjivero Primary School Word 'n lid Is u geïntereseerd om as vrywilliger by Suni e.V. aan te sluit? Wil u 'n projek, fasiliteit of klas ondersteun? |
ENGLISH HOMEPAGE
Get more information about Suni e.V. on our homepage in English. DEUTSCHE INTERNETSEITE
Mehr Informationen über Suni e.V. finden Sie auf unserer deutschen Internetseite. | |
IMPRESSUM |